Home
CNS Call Centre (Pty) Ltd
Werk vir 2009-matrieks

INDIEN jy pas matriek geslaag het en jou skolierweesskoene uitgeskop het, is dit nou tyd vir ernstige geld verdien.

CNS Call Centre nooi graag alle matrikulante uit om hul CV’s aan te stuur vir verkoopskonsultantposte wat beskikbaar is. Die poste is beskikbaar in die sellulêre afdeling, wat bestaan uit die bemarking en verkoop van die nuutste modelle selfone, asook bykomende selfoonprodukte.

CNS bied ’n mededingende vergoedingspakket en bied jou die geleentheid om jou eerste tree in jou werksloopbaan te neem.

Geen ondervinding is nodig nie – slegs ’n passie vir selfone en tegnologie, asook ’n bewys dat jy gr. 12 geslaag het. Kandidate moet ook beskik oor ’n onuitputbare lewenslus en passie, goeie selfmotivering, dissipline en menseverhoudinge.

CNS se vergoedingspakket bestaan uit ’n basiese salaris en goeie kommissie.

Onder leiding van mnr. Paul Smith en me. Salushka Mathadeen kan jy verseker wees van uitstekende opleiding, aaneenlopende ondersteuning en bystand.

CNS Call Centre bestaan reeds tien jaar en is ’n filiaal van Blue Label Telecoms, leiers in die telekommunikasiemark. CNS roem hom daarop dat hy toetreders tot die werksmark bemagtig, leer en ontwikkel en geleenthede bied aan kandidate wat ’n kans nodig het om hulself te bewys

 
Back 2 School !!

In the spirit of our scholars and students going back to school for the start of their new school year, the employees at CNS have dressed up as scholars on the 14th of January 2010, to support them.

Too all the students of 2010 - have a great year!!

 
Back2School
 
Valid XHTML and CSS.
This site is best viewed with:
Spread Firefox Affiliate Button